Authentication of payment for sponsored ticket


*From:* Tatiana ] *Sent:* Wednesday, July 29, 2009 10:40 PM *To:* ‘Magda Pretorius’ *Cc:* ticketingsaa@flysaa.com *Subject:* Authentication of payment for sponsored ticket for booking ref 2WGC3J on behalf of Mrs. M.E Pretorius.

Good day

Attached is booking details and credit card details

You guys are so slow that my 78 year old sick mother had to go home on Sunday – Because you can’t authenticate payment with all the modern technology.

It is quite strange that you are not bankrupt yet. We will never make use of SAA again. All the second grade low cost domestic airlines has done a superb job in comparison with SAA

Hope you can sort it out before Saturday 01/08/2009 at 17h00

Authentication of payment for sponsored ticket for booking ref 2WGC3J on behalf of Mrs. M.E Pretorius.

——————————

*From:* Tatiana *Sent:* Wednesday, July 29, 2009 9:42 PM *To:* ‘Tatiana’ *Subject:*

DIS GOED SO EN MOENIE WORRY NIE, DIS DAREM NIE TE VER LUGHAWE TOE NIE. ONS GESELS VRYDAG WEER.

TATTA EN GROETE

XXXXXXXX

2009/7/29 Magda Pretorius

Hello Maatjie

Jammer ek kom maar vrek min by die computer en vra vreeslik groot om verskoning dat julle Sondag verniet gery het. Ek het Saterdag omtrent slange gevang met SAA. Ek moes ‘n “Authentication of Payment for Sponsored Ticket” deurfaks omdat ek betaal het, want die passassier is veronderstel om die kredietkaart te wys as sy by die lughawe aankom. Ek het dit 11:28 aan hulle deurgefaks en ‘n uur daarna gebel om te hoor of hulle dit gekry het. Hulle kon nie bevestig dat hulle dit gekry het nie, en het weer 3 uur gebel. Hulle het toe gese hulle het dit nog nie gekry nie. Dit was so dol met Yvette se matriekafskeid en het 7 uur die aand weer gebel en toe het hulle voorgestel dat ek dit deur e-mail. Ons computer was af en is toe na vriende toe wat dit gescan en ge-email het. Toe ek terug is en bel toe is die call centre toe en maak eers 6 uur die volgende oggend weer oop. Ek was van plan om toe te bel, maar het regtig nie gedink dat hulle nie die faks of die e-mail betyds sou kry nie. Ek sal NOOIT weer ‘n vlug deur SAA bespreek nie. Enige besparing met die vlug het ons opgemaak met die telefoonoproepe.

En ek het nou gebel (wat ek al moes gedoen het) om seker te maak dat hulle die e-mail gekry het van Saterdag en raai wat – HULLE HET DIT NIE GEKRY NIE! Nou gaan ek die goed weer deurfaks en sal jou laat weet. Die meisie het wel vir my die bevestiging van die nuwe vlug deurgestuur en sal dit vir jou apart aanstuur.

Ek laat weet jou later.

Groete

Magda

——————————

*From:* maatjie minnie *Sent:* Monday, July 27, 2009 9:45 AM *To:* Tatiana *Subject:* Haai

Ek wou net sê, toe ons gister op die lughawe is, het hulle baie stories gehad oor “signatures” wat glo nie deur is en “approved” is nie, want julle het die kaartjie met die krediet/visa kaart gekoop, en die bank moet glo eers die goed “authorised”. Ons het toe gesê dit word altyd so gedoen, maar nou ja, hulle wou niks weet nie. Ek sal in elk geval eers die lughawe bel hier teen Vrydag en hoor of alles nou fine is, voor ons weer gaan. Sy is nou op die 5 uur vlug Saterdag bespreek. Sal seker so 7 uur daar by julle wees.

As ek gebel het sal ek weer laat weet. Magda sal seker in elk geval van julle kant af ook kan uitvind of alles nou reg is of hoe?

Tata en mooi bly

Share this post: Share this post with the world.
  • TimesURL
  • Gatorpeeps
  • Muti
  • Twitter
  • Posterous
  • Facebook
  • laaik.it

Tags: ,

One Response to “Authentication of payment for sponsored ticket”

  1. saa rules! Says:

    shame…not my problem…not anyone elses… nst saas, but yours

Leave a Reply